Friday 19 August 2011

AFRIKAANS OOM KOOS

Oom Koos van die Oos Transvaal besit sy plasie nou al vir donkiejare.
Skuins agter die bloekoms het hy destyds vir sy kinders die plaasdam in 'n swemplek omskep en goed ingerig, met piekniektafels, braaigeriewe en vrugtebome.
Een aand, so skemer se kant, besluit Oom Koos, in sy eensaamheid, om bietjie daar by die dam te gaan sit. Hy neem toe ook 'n emmer saam om 'n paar van die vrugte terug te neem huis toe.
Soos wat hy aangestap kom, hoor hy vrolike stemme gesels en giggel. Hy val plat agter 'n bos en loer deur die takke om te sien wat aangaan. Tot sy swak hart beleef hy 'n groep kaal meisies wat in die dam swem. Hy staan toe op en stap nader om die meisies te laat weet hulle betree eintlik 'n ander man se eiendom... Toe hulle hom sien, sak hulle almal laer af, sodat die water die nodige toemaak.
Een van die meisies skreeu benoud op die oom: "Ons klim nie uit voor oom nie weggaan nie!"
"Nee, nee, bedaar niggie, ek is nie hier om te kyk hoe die spulletjie van julle kaal swem nie....."
Hy hou die emmer omhoog en sĂȘ:
"Ek is net gou hier om die krokodil kos te gee.................." 

No comments:

Post a Comment