Vir die ou hoesie in die kerk
Op 'n plattelandse dorp (Schlip) waar die inwoners
hoofsaaklilk
Afrikaans magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue
erg in die
omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag
gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.
Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy
koster wat
Engelssprekend is... seker die enigste in die dorp. Die
koster gaan
Koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en
gaan gee vir
die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy
oor waarna
Die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk
is later byna
leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan
vir die mense
gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Nee sê die koster, ek het net vir hulle gesê, "For
cough".
No comments:
Post a Comment