Tuesday 19 June 2012

Spinnekoppe


Ek weet nou nie hoe jy oor spinnekoppe voel ni maar ek ry eerder n fiets sonder 'n saal voor ek een konfronteer.






Ja, gisteraand le ek rustig en lees, minding my own business. bedlampie brand baie domesticated en sag met die complimente van Cash Crusaders, toe ek so 'n sagte geskarrel in die kamer hoor. Ek dog toe eers dis die mot wat wil selfmoord pleeg teen die bedlamp se bulpie. kyk, nee, mot se kind sit so stil soos 'n pedigree foksterrier wat razorblades skuit.

Toe is die skuifelgeluid weer daar en ek skrik alles regop wat plat was en alles pap wat op was.

'N ontaardse gedrog van 'n spinnekop met W.P. rugbykouse en wat as weltergewig kan inweeg, toer teen 8000 reffs oor die vloer en spring sommer so met die laaikassie se handles op.

Op slag kak ek my beste linne in 'n herfskleur skakering in. Lyk of iemand my bed kapoenkleur, so tussen kak en pampoen, gespraypaint het. Ek moer alles, boek, bedlam, asbak, glas, die hele toetie, tot op die laaste vlak van die kamer, die vloer.

Ek skrik my enigste aambui dat hy op my kuite hang. nou is die moerse spider nog tussen my en die kombuis, waar ek, omdat hulle my so deur die jare gemolesteer het, 'n arsenal van doom vergader het. Nou weet ek, ek sal flat out moet hol vir daai doom.

Ek pluk my enigste half-nat jockey aan sodat die aambui my nie pooitjie nie. Toe trek ek weg kombuis toe dat die briekmerke soos n straatkaart in my jockey vergader. en ek 10 sekondes later by die kombuisdeur moet backpaddel om nie twee agterdeure te hê nie.

Lord of the dance se gat my bra!

Trug, daar sit die bliksem nog, sommer so met die briektrek spuit ek al. gelukkig net doom.osoonlaag en als se moer, spuit hom leeg!!!

Ek duik my harige vriend soos ryk neetling agter die bedkassie in. Moer toe moet hy wees na daai dubbel doom en strontreuk wat nou dikker as toffee in die kamer hang.

Ek trek die kassie bietjie vorentoe, skiem nog so ek het gewen, toe skielik hol daai 4 weel van 'n aardsgedrog teen die muur op, reg voor my oë verby, tot op kophoogte.

Agt oë soos beetle weelkaps kyk my vierkantig in my twee ogies. Nou is dit nag. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik, my longe loop leeg, my lippe parteer van mekaar.

Ek beskuie my weer sonder enema. 'N kreet verlaat my binneste, ontsnap oor my trillende lippe. Dis toe die klanke wat Black Sabbath na die draakensberg seunskoor laat klink. Dit was maar ook spaaiderman se laaste asem, want net daarna los hy als en kom skeef-skeef grond toe, soos fisant stront in vlug.


Al retererende het ek en doom die veldslag gewen!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!



No comments:

Post a Comment