Thursday 21 June 2012

Wense


'n Aantreklike boerseun sit by die kroeg.  Hy suip die een
whiskey na die ander en tjank soos 'n baba.
 
"Wat's fout?" wil die barman weet..
 
"Ek het gister daar op die plaas op my perd gery, toe kom
ek af op 'n pofadder in die middel van die pad." vertel hy.
 
"Toe ek my rollie uithaal om hom vrek te skiet, toe begin die
pofadder met my praat. Hy sê toe hy is 'n towerpofadder en
as ek hom uitlos, dan gee hy my drie wense."
 
"Sjoe", sê die barman. "Waarvoor wens jy toe?"
 
"Ek wens toe ek is so aantreklik soos Bobby van Jaarsveld, so goed
gebou soos Brian Habana en so bedeeld soos die perd waarop ek ry!"
 
"Nou maar toe!" sê die barman. "Waarvoor tjank jy dan so?"
 
"Toe ek by die huis kom, kyk ek in die spieël en sien ek is deksels
aantreklik. Toe ek my hemp uittrek toe sien ek ek is gebou om te hou.
Maar toe ek my broek uittrek, toe onthou ek ek het met die merrie
gery!!"

No comments:

Post a Comment