Tuesday 3 July 2012

Salaris tipes


WATSE SOORT SALARIS VERDIEN JY?

Die uieskilsalaris: As jy daaraan vat begin jy huil.
Die Dieëtsalaris: Laat jou elke keer minder eet.
Die Ateïs-salaris: Jy begin ernstig twyfel oor sy bestaan.
Die Kulkuns-salaris: Kul jou hier en kul jou daar en siedaar, hy's weg.
Die Donderstormsalaris: Jy weet nie wanneer dit gaan kom nie en hoe lank dit gaan hou nie.
Die Galgehumorsalaris: Jy lag histeries om te verhoed dat jy huil.
Die Konserwatiewe salaris: Ontneem jou van enige inspirasie.
Die Impotente salaris: Laat jou in die steek wanneer jy dit die nodigste het.
Die Maandstonde salaris: Kom eenkeer 'n maand en hou vir so drie dae.
Die Arktiese salaris: Is al vir 30 jaar lank gevries.
Die Vrystaat salaris: Gee jou eenkeer elke 26 jaar rede om te glimlag.
Die Bloubulsalaris: Jy was so seker dat dit goed sou wees maar toe stel hy jou telleur.
Die WP-salaris: Pateties maar jy troos jouself dat jy ten minste by 'n lekker plek werk.
Die Springboksalaris: 'n Ligpuntjie hier en daar maar oor die algemeen telleurstellend.
Die Bloumoewie-salaris: Daar was 'n tyd toe jy opgewonde geraak het daaroor maar nou het jy belangselling verloor.
Die Tsoenami-salaris: 'n Moerse hoë salaris maar jy versuip in die k@k wat jy moet verduur om hom te kry.

No comments:

Post a Comment